Frederik VII | |
---|---|
Koning van Denemarke | |
Portret deur August Schiøtt, 1848-'63.
| |
Tydperk | 20 Januarie 1848 – 15 November 1863 |
Voorganger | Christiaan VIII |
Opvolger | Christiaan IX |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Vilhelmine Marie van Denemarke Mariane van Mecklenburg-Strelitz Louise Rasmussen |
Vader | Christiaan VIII |
Moeder | Hertogin Charlotte Frederica van Mecklenburg-Schwerin |
Gebore | Kopenhagen | 6 Oktober 1808,
Oorlede | 15 November 1863 (op 55), Glücksburg |
Frederik VII (6 Oktober 1808 - 15 November 1863) was van 1848 tot 1863 koning van Denemarke. Hy was die laaste monarg van die ouer koninklike tak van die Huis van Oldenburg en ook die laaste monarg met absolute mag. Hy het ’n grondwet onderteken vir die daarstelling van ’n Deense parlement, waarna die land ’n konstitusionele monargie geword het. Sy leuse was "Die volk se liefde, my krag".[1]